Jupidex (PTY) Ltd Pietermaritzburg – Baler Dag Bothaville – 27 Mei 2016

Daar was ‘n baler dag gehou die 27ste Mei 2016 in die Bothaville omgewing, om te sien wie van die baler fabrikate koning gaan kraaivan al die balers.

Die kriteria vir die dag was as volg:

  • Mielie reste is gebaal op besproeings lande.
  • Daar is vir ‘n half-uur (30 minute) gebaal deur elke fabrikaat (7 Baler Fabrikate)
  • Tellings is deur onafhanklike persone gedoen en nie deur verteenwoordigers van die verskillende fabrikate nie.
  • Die weeg van die bale is altyd deur 4 of meer onafhanklike persone behartig.
  • Bale wat geweeg is, is lukraak gekies (“randomly”) deur onafhanklike persone.

Fabrikate en Modelle getoets:

  • McHale F5500
  • Lilly 245
  • Claas 340
  • Krone Comprima
  • New Holland BR6090
  • Johan Deere 440
  • Gallignani GF225

Die resultate spreek vanself:

Make & Model Totale gewig (Kg) in 30min Bale Gemaak Gemiddeld (Kg)
Mchale 5500 9174 33 278
Lilly 245 8416 32 263
Claas 340 7240 29 250
Krone Comprima 5464 24 228
New Holland BR6090 5046 18 280
John Deere 440 3563 16 223
Gallignani GF225 2820 15 188

 

Skakel gerus jou naaste Jupidex verteenwoordiger in jou gebied en skaf vandag nog jou McHale Baler aan!